Daggafarianisme

From DaggaWiki
Jump to: navigation, search
360px-420_DDAY_Jozi_2013.jpeg
Daggafariërs kom bymekaar vir 420-vieringe in die Maboneng distrik, Johannesburg (2013)

Daggafarianisme is 'n onderafdeling van die daggakultuur wat ontstaan het in kontemporêre Suid-Afrika as gevolg van die hervorming van daggawetgewing regoor die wêreld. In daggafarianisme word enige persoon wat hulself as deel van die daggakultuur assosieer, beskou as 'n daggafariër, cannafariër of hennepfariër.[1]

Die term daggafariër is 'n samesmelting van dagga en rastafariër en is in 2013 geskep deur die daggabeweging[2] toe die woord[3] vir die eerste keer op sosiale media verskyn het nadat die behoefte ontstaan het vir 'n beskrywende woord vir persone wie hulself met die daggakultuur identifiseer, ongeag van hul afkoms, taal, geloof of ras en wat sonder enige negatiewe konnotasie gepaard gaan maar nog steeds die woord "dagga" beklemtoon.

Met die gebruik van die nuwe term, "Daggafarian", wat internasionaal herkenbaar is as gevolg van die direkte gebruik van die woord, 'Dagga', in Suid-Afrikaanse- en sommige internasionale publikasies en nuusberigte[4] asook die gewildheid van die rastakultuur ten opsigte van dagga, het die daggakultuur 'n duidelike kulturele evolusie getoon as gevolg van die omstandighede van die daaglikse hervorming van daggawetgewing, oor die hele wêreld heen, ten gunste van dagga.

Die (r)evolusie van die daggakultuur: Van daggakop tot daggafariër

Inleiding

As gevolg van honderde jare se stigma,[5] rassisme[6] en pseudo-wetenskaplike aantygings[7] teen dagga is daar baie min woorde in die Afrikaanse en ander tale wat positief met die daggakultuur assosieer. Selfs vandag het die woord "daggakop" of "pothead" 'n negatiewe konnotasie en gaan gewoonlik gepaard met die aftakeling van 'n persoon se karakter pleks daarvan dat dit identifiseer met 'n persoon van die daggakultuur. Self die woord daggaroker gaan meestal gepaard met 'n negatiewe konnotasie.

Weens hierdie negatiewe konnotasie sowel as streng daggawetgewing kom die daggakultuur van Suid-Afrika baie teruggetrokke voor, en word gesien as 'n ondergrondse verskynsel omrede daggafariërs nie hul kultuur kan verkondig in die publiek, soos die sterk drank- of tabak-kultuur, sonder die moontlikheid van vervolging onder die daggaverbod nie.

Ontstaan van die Dagga Party

In Februarie van 2009 word die Dagga Party van Suid-Afrika deur Jeremy David Acton gestig as 'n politieke mondstuk vir die daggakultuur.

Doping van die Daggapaartjie

Nadat die Suid-Afrikaanse Polisie op die paartjie, Julian Stobbs en Myrtle Clarke, se woning in Augustus 2010 toegesak het, het hul inhegtenisname vir die besit van dagga opslae gemaak, waar hul toe deur die media as die "Dagga Couple" gedoop is.[8]

Loots van die Daggabeweging

Teen Januarie 2013 maak die daggabeweging op sosiale media 'n verskyning en neem leiding om bewustheid te skep ten opsigte van die onreg van daggawetgewing.

Op 29 April 2013 skep die Daggabeweging 'n aanlyn platform, wat bekend is as die "Cannabis Awareness Drive: 21 Days Notice to Government", waar die publiek 'n kennisgewing van daggaregte aan verskeie departemente van die regering sowel as aan die President van Suid-Afrika kon rig.[9] Die regering het nie die kennisgewing teengestaan nie en geen terugvoering was ontvang nie.[10] 91 persone het deelgeneem in die proklamasie van daggaregte.[11]

Vereniging van die daggakultuur

In 2013 word die Dagga Unie van Suid-Afrika (DUSA) as 'n Facebook groep gestig, waar hul ledetal sou groei tot oor die 20,265 in Augustus 2017

Op 20 April 2013 kom daggafariërs vir die eerste keer in die publiek bymekaar in die Maboneng distrik, Johannesburg, vir D-Dag (Daggadag – 4/20) vieringe.[12]

Drie dae na D-Dag stel die daggabeweging die riglyne op van die woord daggafarian se betekenis ten opsigte van die daggakultuur op hul webwerf.

Heroeping van daggawetgewing wetsontwerp

Op 24 April 2014 woord die eerste weergawe van die Herroeping van daggawetgewing wetsontwerp ("Relinquish Dagga Law Bill Rev 1a") saamgestel deur 'n lid van die daggabeweging en aan die daggakultuur en lede van die Dagga Unie van Suid-Afrika voorgestel.[13] Teen 24 September 2014 word die wetsontwerp vir die vierde maal hersien waar dit in twee afsonderlike dokumente verwerk is, naamlik die Heroeping van Daggawetgewing Wetsontwerp ("Relinquish Dagga Law Bill Rev 1d")[14] en die Daggaregulasie Wetsontwerp("Dagga Regulation Bill Rev 1b").[15] Die wetsontwerp is aan Julius Sello Malema getweet met die hoop dat dit sy aandag gryp en moontlik lei tot voorstelling in parlement. Hierdie taktiek van die daggabeweging sou gedeeltelik slaag toe Malema die wetsontwerp her-tweet het aan sy volgelinge maar tot dusver is hierdie wetsontwerp nog nie in parlement voorgestel nie.[16]

Dagga Ops

Op 7 May 2015 het die Dagga Magazine die Dagga Ops Omgewing Impak Assessering-dokument soos dit ontvang is vanaf die Suid-Afrikaanse Polisiediens gepubliseer nadat 'n PAIA-aansoek gedoen is om toegang te ontvang tot die dokumentasie wat die SAPS Lugmag hul mandaat[17] staaf om dagga plantasies in die Transkei en elders in Suid-Afrika met die onkruiddoder ("glyphosate") per helikopter te besproei.[18]

Die Hofsaak van die Plant

Op 29 July 2017 begin die grondwetlike saak om dagga te wettig in die hooggeregshof van Pretoria. Na 'n vertraging het kundiges vir byna 3 weke lank getuienis gelewer waarna "Doctors For Life" namens die Staat 4000 bladsye van nuwe bewyse laat ingedien het waarop die hof beslis het om die eiser die nodige tyd te gun om die bewyse te verwerk en die saak is uitgestel tot 2018.[19]

Die geskiedenis van daggawetgewing en rassisme

Vanaf 1887 tot 1949

Die eerste gedokumenteerde bespreking oor dagga in Suid-Afrika kom voor in die rapport van die Natal-Indiese Immigrante Kommissie (RIIC)[20] wat in 1887 gepubliseer is waarin beweer word dat dagga lei tot waansin onder Indiërslawe. In die rapport word daar na Indiërs verwys as "coolies" en verder versoek die rapport dat die wet verander word sodat Indiërslawe nie toegelaat word om dagga te mag kweek, besit, of gebruik nie. Die rapport word toe die basis waarop toekomstige daggadebatte gegrond is. Teen 1891 was dagga alreeds onwettig verklaar in die Kaapse Kolonie onder wet 34 van 1981.[21] In die rapport van Inheemse Suid-Afrikaners Sake Kommissie (SANAC)[22] van 1905 word die inheemse Suid-Afrikaners ingesluit onder die daggaverboddebat. Teen 1908 word die "Swart Gevaar" ("Black-Peril") gebruik om 'n nasionale daggaverbod te steun wat in Junie van 1922 slaag met die goedkeuring om die besit en kweek van dagga op 'n nasionale vlak te verban. Die wet sou later, in 1925, aangepas word om mynwerkers vrystelling te gee en toelaat om dagga te mag kweek, besit en gebruik; maar is weer later laat vaar. Voor die nasionale verbod op dagga was blankes toegelaat om dagga te mag kweek, besit en gebruik.[23]

In 1921 het die Legioen van Nasies (LN) tot oproep gevra vir 'n Komitee van die handeldryf van opium en gevaarlike dwelms en toe in 1923 het Suid-Afrika die volgende brief aan die komitee gerig:

"Pretoria – 28ste November 1923:

Met verwysing na u brief no. 12/A/22951/17217 gedateer 6de September 1922, i.v.m die onderwerp hierbo en soos per my brief no. 29/8/85 gedateer Desember, stuur ek afskrifte van regulasie ingestel onder wet no. 181 of 1922, gee dit my die eer om u in kennis te stel dat uit die oogpunt van die Unie van Suid-Afrika is dagga (Indiese hennep) van uiterste belang ten opsigte van verslawende dwelms en maak tans nie sy verskyning op die internasionale lys nie. Hiermee doen ons aansoek dat alle lede van die Internasionale Opium Konvensie gevra word om die volgende by te voeg op hul lys van verslawende dwelms: Indiese hennep: In sy geheel, asook enige gedeelte van die Cannabis indica of Cannabis sativa.

Geteken, J.C. Van Tyen, sekretaris van die Eerste Minister"[24]

Die versoek is op die tweede Opiumkonferensie in 1924 aanvaar en is in 1925 as internasionale wetgewing verklaar.[25]

In 1928 is meer omvattende regulasies afgekondig ten opsigte van verslawende dwelms met wet 13 van 1928 (Mediese, Tandheelkundige en Aptekerswet)[26]

As gevolg van die insluiting van dagga op die internasionale lys van verslawende dwelms het dit verouderd geword om die daggaverbod te regverdig. Die konsensus van die publiek in die 1920s het die indruk geskep dat die dagga debat tot 'n einde gekom het maar in 1935 het die Departement van Gesondheid 'n streng openbare verklaring uitgestuur waarin hul verskeie koerante betug omrede hul publiseer het dat daggawetgewing teen 'n skadelose plantjie gerig is.[27]

Die 1937 rapport van die Kaapse Kleurling Kommissie het ook die aantygings van die koerantberigte gekritiseer. Met verwysing na verslagte van 1935 het die kommissie gesê dat dagga "vir al saam die gebruik van alkohol" gedragveranderinge veroorsaak wat lei tot "gewelddadige misdade",[28] verder het die kommissie gesê dat die "publieke bewussyn verontwaardig moet word tot die realisering van die euwels van dagga (en dat) drastiese stappe geneem moet word om die gebruik van dagga uit te wis."[29]

Die Onkruidwet het ook sy ontstaan in 1937 gemaak en het daggawette verder gevestig in Suid-Afrika. Die wetgewing het die verhuurder van 'n eiendom verantwoordelik gehou vir huurders wat dagga kweek en in aanmerking van die wet het Senator Naudé gesê dat "die wetsontwerp uiters drasties is; dit maak 'n slaaf van die verhuurder en die publiek"[30] aangesien die wetgewing nie spesifiek op verslawende dwelms gemik was nie maar enige plant wat as onkruid verklaar was. Die wetgewing het die polisie geweldige mag verleen ten opsigte van daggaoortredings.

Teen die 1940s het die "drastiese stappe" wat aangevra was deur die Kaapse Kleurling Kommissie om "dagga gebruik uit te wis" ingesluit die opleiding van polisie en boere om die daggaplant te kan identifiseer, maar soos met die 1922 en 1928 wetsveranderinge was daar byna geen verandering ten opsigte van die handeldryf van dagga nie, daar was wel 'n duidelike toename in daggaverwante arrestasies na die toepassing van die Onkruidwet en die publisering van die Kaapse Kleurling Kommissie se verslag. Vervolgings was daggaverwante oortredings altyd laag met sowat 1000 per jaar tussen 1924 en 1934,[31] maar teen 1945 was daar 9101 vervolgings per jaar, en teen 1949 het dit toegeneem tot 16 170 vervolgings per jaar.[32]

Vanaf 1950 tot 1970: Apartheid en "Die Dagga Probleem"

In 1949 het die regering, onder leierskap van die Nasionale Party (NP), 'n kommissie van ondersoek ingestel op die onderwerp van dagga. Die inter-departementele komitee verslag op die misbruik van dagga (RICAD)[33] is in 1952 vrygestel. Hierdie omvattende verslag het weggebreek van die leiding van vorige verslae en het die toon gestel vir besprekings oor dagga vir die res van die eeu. Die verslag het geblyk dat dit 'n poging was om die rasgebaseerde politiek van die nuutgestigde Apartheid staat tot versoening wou bring met die nie-rasgebaseerde sosiale wetenskap van die era na die wêreldoorloë. Aangesien die verslag 'n dokument van Apartheid was het die komitee 'n duidelike rasgebaseerde mandaat gehandhaaf. Die ondersoek het gekyk na die gebruik van dagga per aangewese ras maar het 'n stilswyende aanvaarding van 'n rasse-hiërargie getoon ten opsigte van die onderwerp. Dus het die "nuwe" benadering van die Kommissie aan die nie-rasgebaseerde sosiale wetenskap voldoen terwyl dit nog 'n rasgebaseerde benadering gehandhaaf het wat op daardie stadium 'n vereiste was van die Apartheidregering.

Die komitee het bestaan uit ses verteenwoordigers. Een elk van die departement van Volkswelsyn, die departement van Justisie en Binnelandse Sake, die departement van Gesondheid, die polisie sowel as verteenwoordigers van die Britse beskermers van Basutoland en Swaziland wat opgetree het as adviseurs van die Kommissie.

Terwyl taalgebruik hersien is, het die komitee elk van die temas ontwikkel. Maar in konteks van die era na die rasgbaseerde wêreldoorloë het hul, hulself stilswyend verrig ten opsigte van rassisme en daggawetgewing. As voorbeeld het hul aangevoer dat "die feit dat meeste daggaoortredings ontdek word wanneer die polisie soektogte doen en arrestasies maak in verband met ander oortredings dui daarop dat daar 'n verband tussen dagga en misdaad bestaan waar die individu anti-sosiale neigings en aggressie toon, kan hierdie eienskappe vererger word deur die dwelm, wat dan moontlik kan lei to misdaad, wat oor die algemeen weldadige misdade is."[34] Die komitee het ook aangevoer dat "dagga blykbaar die minste gevaar inhou van al die verslawende dwelms"[35] en verder aangevoer dat wanneer "dagga in moderasie gebruik word, soos dit blykbaar deur die meerderheid inheemse mense gebruik word, en wanneer dit in die tradisionele metode gerook word deur 'n waterpyp, is die uitwerking daarvan nie so ernstig nie; waarskynlik nie meer skadelik as tabak nie."[36] Nog het die komitee teruggekeer na hul vorige argumente dat "misbruik daarvan kan lei tot liggaamlike, verstandelike en morele agteruitgang. Liggaamlik is die rituele dagga verslaafde vermaerd, swak en nie in staat om volgehoue te werk nie. Sy morele standaard gaan ook agteruit"[37] en "terwyl dit algemene konsensus is dat dagga nie tot enige permanente psigotiese kondisies lei nie, is daar 'n duidelike morele agteruitgang"[38]

Ander denkwaardige gebeure ten opsigte van dagga en rassisme

Eerste Minister van Rhodesia se seun arresteer vir dagga

Op 20 Desember 1971 is Alec Smith, die seun van die Eerste Minister van Rhodesië, Ian Smith, arresteer deur Suid-Afrikaanse overhede vir die besit van 200 gram dagga by die Mosambiekgrens nadat hul terug huistoe gekeur het vanaf 'n vakansie en is gevolglik uit Rhodes-universiteit geskors waar hy as eerstejaars student studeer het.[39]

David Carradine, dagga, rassisme en die Apartheid Staat

In 1980 terwyl akteur, David Carradine die film Safari 3000, wat ook bekendstaan as Rally, in Suid-Afrika geskiet het, was hy vir die besit van dagga arresteer.[40] Hy was vervolg en sy vonnis was opgeskort.[41] Hy het beweer dat die dagga deur die Apartheid staat geplant was in weerwraak nadat hy gesien was met Tina Turner dans.[42]

Verwysings

  1. Definisie van die woord, Daggafariër
  2. Dagga Movement
  3. #Daggafarian Hashtag
  4. Dagga a queer dope, Australië
  5. Daggakop pa, Huisgenoot, 28 Mei 2017
  6. Geskiedenis van dagga
  7. Dagga kan jou dood maak, Huisgenoot, 28 Mei 2017
  8. The Dagga Couple Are Raided, Arrested & Charged
  9. Cannabis Awareness Drive: 21 Days Notice to Government
  10. Notice to Government Regarding Cannabis Use Unchallenged
  11. Number of participants in the Cannabis Awareness Drive
  12. D-Dag 2013
  13. Relinquish Dagga Law Bill Rev 1d & Dagga Regulation Bill Rev 1b
  14. Relinquish Dagga Law Bill Rev 1d
  15. Dagga Regulation Bill Rev 1b
  16. Julius Malema se her-tweet van die Herroeping van daggawetgewing wetsontwerp
  17. Dagga Ops Environmental Impact Assessment
  18. Battle to stop dagga spraying, GroundUp
  19. Dagga Couple's case timeline.
  20. Report of the Indian Immigrants Commission, 1885–1887 (Pietermaritzburg, 1887), pp. 7 – 8
  21. Bourhill, The Smoking of Dagga (1912), p. 20
  22. Report of the South African Native Affairs Commission, 1903–1905 (Pretoria, 1905)
  23. Prohibition & Resistance: A Socio-Political Exploration of the Changing Dynamics of the Southern African Cannabis Trade c. 1850 – the present. by Craig Paterson
  24. Aangehaal in Mills se “Colonial Africa and the international politics of cannabis” (2007), p. 166
  25. Cited in Mills “Colonial Africa and the international politics of cannabis” (2007), p. 166 – 168
  26. Senate Debates of the Union of South Africa, 20th March 1928, c. 361
  27. Chanock, The Making of South African Legal Culture (2001), p. 95
  28. Ibid.
  29. Ibid.
  30. Senate Debates of the Union of South Africa, 10th May 1937, c. 1062
  31. Chanock, The Making of South African Legal Culture (2001), p. 94
  32. Report of the Inter-Departmental Committee on the Abuse of Dagga, 1949–1952 (Pretoria, 1952), p. 9
  33. RIDCAD (1952)
  34. RIDCAD (1952), p. 42
  35. Ibid.
  36. Ibid.
  37. Ibid.
  38. Ibid., p. 24
  39. RHODESIA PM's son had drug, The Canberra Times (ACT), Wednesday 22 March 1972 p 5
  40. "South Africans Arrest Carradine," Tuscaloosa News (21 September 1980) p. 19
  41. "Carradine Guilty in Pot Case," Sarasota Times (13 November 1980) p. 12
  42. Carradine, David (1995). Endless Highway. Journey.