Three men in court for the illegal possession of dagga. How do you then become legally in possession of dagga? Will a doctors note from my sangoma suffice?
OUDTSHOORN NUUS – Drie verdagtes het Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof vir die onwettige besit van dagga verskyn.
Die polisie het Donderdagoggend die drie mans wat onderskeidelik 23, 35 en 38 oud is, tydens ‘n roetine-ondersoek ongeveer 10 km op die De Rust-pad buite Oudtshoorn gevang.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het hulle op 290 kg dagga beslag gelê.
Hy sê die Nissan-bakkie het verdag voorgekom en die polisie het die voertuig afgetrek en deursoek.
“Dit blyk dat die dagga vir die Kaap bestem was. Die drie mans is van Belhar en was op pad terug van die Oos-Kaap af Kaapstad toe,” het hy in ‘n verklaring gesê.
www.oudtshoorncourant.com
www.oudtshoorncourant.com …read more