Dagga as tiener maak jou dom as grootmens KAAPSTAD. – Die invloed van dagga op…

Dagga as tiener maak jou dom as grootmens

KAAPSTAD. – Die invloed van dagga op die ontwikkelende tienerbrein is só sleg dat dit tot in volwassenheid hul IK kan verlaag.

Dít is maar een van die negatiewe uitwerkings wat dagga op ‘n tienerbrein het, is pas bevind in ‘n oorsigstudie deur die Amerikaanse National Institutes of Health wat in die New England Journal of Medicine gepubliseer is.

Omdat die tienerbrein nog tot in vroeë volwassenheid ontwikkel, “belemmer [daggaverbruik] kritiese denke en geheue gedurende gebruik en dit duur voort dae ná die tyd. Die gereelde gebruik van dagga in die tienerjare verlaag IK tot in volwassenheid, selfs al hou gebruikers op om dit as volwassenes te gebruik”, volgens die navorsing.

Dagga beïnvloed die geheue asook die denk- en leerproses omdat dit die areas wat daarby betrokke is se verbindings beskadig. Mense wat in hul tienerjare begin dagga rook het, en vir ‘n paar jaar aangehou het, verloor 8 IK-punte teen die tyd dat hulle in hul dertigs is. En nog belangriker: Dit herstel nie al het hulle opgehou om die dwelm te gebruik.

Volgens die studie is tweedehandse daggarook ook gevaarlik.

Dit beskadig net soos gewone rook die longe, maar diegene wat net dagga rook en nié tabak nie, het meer gesondheidsprobleme as mense wat albei rook. Hulle is ook meer afwesig van die werk weens asemhalingsprobleme.

Volgens die studie maak dagga ‘n mens nie “kalm” nie, dit verhoog die hartklop met tussen 20% en 100% kort nadat dit gerook is en dit kan tot drie uur duur. Mense wat dagga rook se kanse op ‘n hartaanval in die eerste uur nadat hulle gerook het, is vier tot agt keer groter as nie-rokers s’n.

Dit kan depressie, angs, paniek en psigotiese aanvalle veroorsaak en by tieners ook lei tot die neem van hul lewe.

Url:
Die Burger : Dagga as tiener maak jou dom as grootmens
www.dieburger.com
KAAPSTAD. – Die invloed van dagga op die ontwikkelende tienerbrein is só sleg dat dit tot in volwassenheid hul IK kan verlaag. Dít is maar een van die negatiewe uitwerkings wat dagga op ‘n… …read more    

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *