DAGGA NUWE WONDERKUUR? OOR of die medisinale gebruik van dagga gewettig moet wo…

DAGGA NUWE WONDERKUUR?

OOR of die medisinale gebruik van dagga gewettig moet word, wou sy haar nie uitspreek nie, maar sy hoop dit sal met omsigtigheid gehanteer word.

Dr. Paulina van Zyl, senior kliniese farmakoloog en dosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het verlede week oor die opspraakwekkende onderwerp van dagga vir mediese gebruik op die Aurora-alkohol-en-dwelmsentrum se jaarvergadering gepraat.

Die onderwerp was onlangs weer in Suid-Afrika in die nuus nadat dr. Mario Oriani-Ambrosini, ‘n IVP-LP, vroeër in die jaar ‘n roerende pleidooi in die parlement gelewer het om dagga vir medisinale gebruik te wettig.

Hy is verlede jaar met longkanker gediagnoseer.

Met sy terugkeer van Italië waar hy met dagga behandel is, het hy ‘n veldtog begin om dit vir medisinale gebruik te wettig. Selfs pres. Jacob Zuma het toegegee dié aangeleentheid moet ondersoek word.

“Sy kanker is ver gevorderd en sy vooruitsigte op herstel is skraal. Dokters gee longkankerpasiënte net ‘n 10%-kans om nog vyf jaar te leef.

“Hy het opgestaan en gesê hy wil ‘n stem wees vir ander wat ook so siek soos hy is. Hy voer aan mense gaan dood weens swak beleid,” het Van Zyl gesê.

Oriani-Ambrosini voer volgens haar aan dat daar behandelingsmiddels (dagga) beskikbaar is om kankerlyers te help, maar dit weens gebrekkige beleid nie wettig gebruik mag word nie.

Volgens haar het Oriani-Ambrosini so ver gegaan om aan te voer dat indien dit nie gewettig word nie, dit ‘n misdaad teen die mensdom sal wees.

“Die mediese gebruik daarvan is ‘n afsonderlike kwessie van kommersiële gebruik en indien dit gewettig word vir mediese gebruik, gaan die kontrole en beheer daarvan ‘n groot uitdaging wees sodat dit nie misbruik word nie,” het sy gesê.

Van Zyl het ook die gevare van dagga genoem wat veral later in ‘n mens se lewe terugkom om jou aan die hak te byt.

Volgende Donderdag is dit Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en die onwettige handel in dwelms. Die Verenigde Nasies (VN) se tema vanjaar is Message of hope: Drug use disorders are preventable and treatable.

Aurora sal volgende week bewusmaking hieroor doen.
)Al hoe meer kinders tussen die ouderdom van 9 en 14 jaar word vir verslawing by Aurora behandel, skryf Alzane Narrain.

Gert Kruger, direkteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels (Sanra) se Aurora-sentrum in Bloemfontein, sê hy het die afgelope jaar sewe kinders jonger as 14 jaar behandel.

Hy sê dwelmafhanklikheid by kinders jonger as 14 is steeds skaars, maar verslawing onder hoërskoolleerlinge neem toe.

Die Aurora-sentrum het die afgelope jaar 44 kinders tussen 15 en 18 jaar by die jeugsentrum gehuisves.

Kruger sê die sentrum het 39 kinders behandel vir dagga-misbruik en ook twee wat aan gom verslaaf is.

“Leerlinge tussen 15 en 18 jaar is geneig om dagga, Mandrax en alkohol of ‘n kombinasie van die middels te misbruik.

“Hulle word ook deur hul vriende aan hierdie middels blootgestel.”

Url:
Dagga nuwe wonderkuur?
www.onsstad.co.za
OOR of die medisinale gebruik van dagga gewettig moet word, wou sy haar nie uitspreek nie, maar sy hoop dit sal met omsigtigheid gehanteer word. …read more    

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *