Cops jaag Rasta en kry dagga LADISMITH. – Rastas van die Mount Zion-Rasta-komm…

Cops jaag Rasta en kry dagga

LADISMITH. – Rastas van die Mount Zion-Rasta-kommune het groot verliese gely toe cops hul ganja natgemaak het.

In ‘n gesamentlike operasie van die Attakwa-honde-eenheid, die Highway Patrol en die plaaslike cops is 2 sportsakke dagga met 136 parcels in ‘n hokkie gekry. Die massa word op 12kg geraam.

‘n Ooggetuie het vertel: “Toe die Rasta sien die cops kom aan, het hy sy kaia gesluit en die veld in gehol. Maar so ‘n skraal cop, wat die ganja merts Bennet ‘Die Verskriklike’ De Wee noem, het oor die draad gespring en hom agternagesit.

“In die hol het die Rasta die keys van sy kaia weggegooi.

“Etlike minute later het Bennet die Rasta platgeduik. Hy is toe na sy kaia teruggebring.”

Daar was ‘n gesukkel om in die hokkie te kom en ‘n bolt cutter is ingespan.

AO Jannie Cedras, ‘n polisiewoordvoerder, sê: “Die dagga is in twee sportsakke gevind. Die verdagte is gearresteer en verskyn binnekort in die hof. Gemerkte geld is in die 23-jarige verdagte se besit gevind.”

Url:dieson.mobi/news/read/1295/cops-jaag-rasta-en-kry-dagga

…read more    

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *