Ladismith-polisie konfiskeer 295kg dagga
Die polisie op Ladismith het Saterdagaand omstreeks 22:30 vir die tweede agtereenvolgende week beslag gelê op ‘n groot hoeveelheid dagga.
Ongeveer 295 kg dagga is in ‘n voertuig gevind nadat lede van die publiek die polisie in kennis gestel het dat die voertuig verdag voorkom. Lede van Ladismith-polisie het die voertuig dopgehou en van die pad getrek nadat dit die dorp verlaat en in die rigting van Kaapstad gery het.
Die twee insittendes het die voertuig tot stilstand gebring, maar onmiddellik uitgespring en weggehardloop. Hulle is egter kort daarna in hegtenis geneem.
Die twee verdagtes, onderskeidelik 36 en 38 jaar oud, het Maandag in die landdroshof op Ladismith verskyn op aanklag van die besit van onwettige dwelms.
Url:oudtshoorncourant.com/news.aspx?id=73052&h=Ladismithpolisie-konfiskeer-295kg-dagga
Ladismith-polisie konfiskeer 295kg dagga
www.oudtshoorncourant.com
LADISMITH NUUS – Die polisie op Ladismith het Saterdagaand… …read more