Tanzanian national caught with dagga near Heidelberg
* IN SHORT
A 32-year-old citizen from Tanzania, Mtoro Simbizo residing in Salt River was arrested for possession of marijuana on Sunday night, 3 November on the N2 outside Heidelberg. The police received a anonymous tip from a resident that Simbizo was on his way in a taxi to Mossel Bay with marijuana. Compressed marijuana was found in the Tanzanian’s backpack and he was arrested for possession, but the case was later changed to trafficking in marijuana. The street value of the 3.025 kg of marijuana amounts to R6 000. He appeared in court for the first time on Monday, 4 November.
HEIDELBERG NUUS – ‘n 32-Jarige burger van Tanzanië is Sondagaand, 3 November op die N2 buite die dorp gearresteer vir die besit van dagga.
Mtoro Simbizo van Soutrivier was op pad vanaf Kaapstad na Mosselbaai met die dagga. Volgens die polise het hulle ‘n wenk van ‘n persoon ontvang dat Simbizo dagga by hom het en per huurmotor na Mosselbaai onderweg is. Die huurmotor is op die N2 afgetrek en die polisiebeamptes het al die insittendes se bagasie deursoek. Die saamgeperste dagga is in die Tanzaniër se rugsak gevind en hy is vir besit van dagga gearresteer, maar die saak is later na handel in dagga verander.
Die straatwaarde van die 3,025kg dagga beloop ongeveer R6 000. Simbizo het Maandag, 4 November vir die eerste keer in die hof verskyn. Die beskuldigde word aangehou by die Buffelsjagsrivier gevangenis. Die beamptes wat verantwoordelik was vir die arrestasie is konsts. Imorgene Hendricks, Carlet September en Sharaden Boezak. Die stasiebevelvoerder, maj. Jeremy Lewak bedank die polisielede vir hul vinnige optrede en vra dat mense na vore moet kom met inligting sodat die dwelmhandelaars vasgetrek kan word. Daar is ook ‘n beloning vir inligting wat sal lei tot inhegtenisneming van die booswigte.