In nóg ’n voorval het oplettende passasiers van ’n bus wat Dinsdag (27 Augustus) van die Oos-Kaap na Kaapstad op pad was, tot die inhegtenisneming van ses vroue gelei.
Volgens Mkhontwana het die bus by ’n kitskosrestaurant in Graaff Reinett gestop om passasiers op en af te laai. Sommige passasiers het gesien dat verdagte pakkies hande verwissel en het die polisie in kennis gestel.
Die bus is in Touwsrivier voorgekeer. Die polisie het ’n sak saamgeperste dagga, versteek in ’n tas, gevind.
Niemand wou eienaarskap vir die tas aanvaar nie. Die polisie het egter ooggetuie inligting opgevolg en ses verdagtes in hegtenis geneem. Die ses vroue (tussen 18 en 70 jaar oud) is vir die besit van dagga in hegtenis geneem.
Die dagga het ’n straatmarkwaarde van sowat R15000.
In Mei vanjaar het die Laingsburg-polisie sy grootste daggavonds nóg gemaak toe hy op 38 sakke dagga beslag gelê het.
Dié reuse vonds is gemaak toe verkeersbeamptes ’n voertuig op die N1 voorgekeer en die dagga geruik het. Die dagga, wat 1052kg geweeg het, het ’n geskatte straatmarkwaarde van R2,5miljoen gehad.
http://www.worcesterstandard.com/83508/news-details/dwelmmuile-op-paaie-vasgetrek …read more