Die Daggazol: kortverhaal <- WTF? Jan tel die daggazol versigtig op. Dis die ee…

Die Daggazol: kortverhaal <- WTF? Jan tel die daggazol versigtig op. Dis die eerste keer dat hy sy eie een gekoop het en hy voel skoon trots daarop. Asof hy iets bereik het, asof hy onafhanklik is. Hy neem een lang trek, hou die dagga toe in sy mond sodat hy dit voel deur sy are vloei, al die pad bo na sy kop toe, dan blaas hy die rook stadig uit. Met sy duim en wysvinger, presies soos wat hy by sy ouer vriende geleer het, gee hy die zol aan vir Nico. “Nee, ou. Ek’s fine vir nou,” sê Nico, sy hande in sy sakke. “Wat praat jy dude, ons het dan laasweek gesê ons gaan bietjie ons eie zolle rook! Jy kan mos nie nou uitchicken nie.” Nico gee ‘n tree terug en glimlag skaam. “Ek weet ja, maar my pa het gevra ek moenie.” Jan hoes soos hy stik. “Jou pa? Het jy dan vir die ou toppie gesê waarmee ons besig is? Is jy van jou kop af?” Nico verdedig homself. Hy kan netsowel eerlik wees, want hy kan sien Jan is nie baie gelukkig hiermee nie. “Natuurlik het ek. Ek was onseker okei! Ek moes met iemand praat want hierdie dagga-storie het erg aan my begin knaag.” Jan lag vir Nico. “So toe besluit jy om met jou pappie te praat van alle mense. Die ou man dink seker nou ons is slegter as hondebollie,” sê hy, effens verleë. “Nee hy doen nie, my pa het my nog nooit geoordeel nie. Dis hoekom ek weet ek kan met hom praat.” Jan vra weer, “nou hoe het dit gebeur, het jy sommer net uit die bloute gesê jy’s nou ‘n daggakoppie?” Nico vryf deur sy hare. “Nee man. Ek en my pa speel mos so elke tweede Saterdag gholf, en toe ons hier by die 7de putjie kom, toe blaker ek net alles uit,” sê Nico terwyl hy met sy hande beduie. Jan staar na ‘n kol op die grond, sy oë groot en versteen asof hy in gedagte is. “O is dit? Nou waaroor gesels jy en jou pa dan nog alles?” Nico dink vir ‘n oomblik en antwoord dan meer selfversekerd. “Wel in die aande aan tafel praat ons maar meestal oor skoolgoed. Jy weet mos, ouers kan soms so knaend uitvra oor mens se lewe,” spot Nico. “Nee ek weet nie,” antwoord Jan. Hy skuifel ongemaklik rond op sy voete. “Ek en my pa praat nie regtig oor goed nie. Soms wonder ek of hy ooit weet in watter graad ek is. Hy werk seker maar te hard, ek weet nie.” Nico het simpatie met Jan. “Jissie ou dis bad,” sê hy. Jan trek weer aan die daggazol. “Ag dit kon erger wees, hy betaal my skoolgeld en kos en klere, wat meer het ‘n ou dan nodig?” Nico trek sy skouers op, maar sê dan tog. “Baie meer. Iemand wat jou raaksien en jou hoor en wat vir jou kan sê jy’s ‘n baie beter Jan as die Jan met die daggazol in sy hand.” Het jy ‘n behoefte aan so ‘n voorblad-pa in jou gesin? Maak dadelik ‘n aantekening in jou dagboek en sorg dat jy die “voorblad-pa” gesprek op 9 November bywoon.
Vaderfiguur belangrik in kind se lewe
www.kwevoel.co.za
THABAZIMBI – Die SAVF beplan om op 9 November ‘n byeenkoms by die Hervormde Kerk se kampterrein te hou om die gesprek rondom die “voorblad-pa” en gelukkige gesinne te begin. Studies het bewys dat k… …read more    

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *