High school prefect expelled for two joints.
Die hoofseun van die Hoërskool Pretoria-Wes is geskors nadat dagga by hom gekry is, maar hy gaan toegelaat word om sy matriekeksamen te skryf.
Tugstappe is deur die beheerliggaam van die skool teen Jarred Reddy (19) gedoen nadat hy met twee daggasigarette op die terrein betrap is. Hy het ’n finale skriftelike waarskuwing gekry en is ook verbied om die matriekafskeid by te woon.
Rita Coetsee, hoof van die skool, het gesê Reddy se hoofseunbalkie is weggevat en hy is van al sy pligte onthef.
Coetsee het gesê die rekordeksamen begin Maandag en die beheerliggaam meen daar is voldoende teen Reddy opgetree.
“Die skool is baie streng oor dwelms en doen wat hy kan om die probleem hok te slaan. Daar word byvoorbeeld gereeld sprekers gekry om leerlinge oor die gevare en gevolge van dwelmgebruik toe te spreek en in te lig oor waar hulle hulp kan kry.”
Nog ’n minderjarige leerling is vroeër met dagga betrap en ’n aanbeveling vir uitsetting is by die Gautengse onderwysdepartement ingedien. Die skool wag nog op ’n beslissing.
Coetsee het gesê in Reddy se geval meen sy die straf is voldoende omdat dit nie sal help nie om sy hele toekoms te verwoes deur te weier dat hy die matriekeksamen aflê. Die eksamen begin oor 65 dae.
http://www.beeld.com/nuus/2013-08-23-hoofseun-in-pta-geskors-oor-dagga
Beeld : Hoofseun in Pta geskors oor dagga
www.beeld.com
Die hoofseun van die Hoërskool Pretoria-Wes is geskors nadat dagga by hom gekry is, maar hy gaan toegelaat word om sy matriekeksamen te skryf. Tugstappe is deur die beheerliggaam van die skool teen… …read more