CLANWILLIAM: Die polisie in samewerking met A/O Geusteyn en Emma van die Klawer Honde eenheid het Vrydagoggend 2 Augustus op ‘n groot hoeveelheid dagga in Khayalitsha beslag gelê. Die huise was onbewoon ten tye van die beslaglegging en niemand is in hegtenis geneem nie, maar die eienaars sal verras wees om te sien dat al hul dagga verdwyn het.
Die totale gewig van die beslagleg-ging was 40.388 kg met ‘n geraamde straatwaarde van ongeveer R3 230.00.
Twee blou plastiekdromme met opgemaakte pakkies dagga, drie plastieksakke met daggavingers en los dagga is by vier huise gekry, waarvan 184 gr in Dennestraat en die res in Khayalitsha.