Dagga

From DaggaWiki
Jump to: navigation, search
320px-Cannabis_DSC_0155_%2826115094056%29.jpg
Daggablom.

Dagga (ook bekend as Cannabis of Marijuana) is 'n geharde struikagtige plant wat byna oral kan groei. Dit kom voor in streke met 'n warm, vogtige klimaat, soos die Transkei en KwaZulu-Natal. Dagga sluit 3 spesies in: Cannabis sativa, Cannabis indica en Cannabis ruderalis. Hierdie 3 daggaspesies is inheems aan Sentraal-Asië en Suid-Asië. Dagga is vir dekades gebruik vir vesel, saad, saadolie, rekreasie en ook vir medisinale doeleindes.

Beskrywing

Dagga is 'n eenjarige blomdraende kruid en is geslagtig, maar kan ook tweeslagtig word onder stres. Die plant vorm 'n bos en die grootte kan wissel na gelang van temperatuur, reënval, samestelling van die grond en weens die plant se gene. Die blare van die daggaplant kan groen, groen-bruin en pers van kleur wees en die blare groei in ongelyke getalle van 3 blare tot 11 blare per vertakking en is gewoonlik digby die stam van die plant. Dagga groei maklik in swak toestande en word gewoonlik tussen ander gewasse in klowe van berge geplant. Bestuiwing vind met behulp van wind plaas.

Dagga kos omtrent tussen R2,00 en R30,00 per sigaret of skyf. Na tabak en drank is dagga is die dwelm wat in Suid-Afrika mees algemeen gebruik word.

Samestelling van dagga

Die daggaplant bevat 113 cannabinoïde en verskeie terpene. Dagga bevat geen teer. Die aktiewe bestanddeel, delta-9-tetrahidrocannabinol (THC) is die dekarbilose van THC-suur (THCA). THC is kompleks en word stadig deur die liggaam opgeneem. Dit neem omtrent tussen 7 en 30 dae vir die liggaam om THC af te breek en uit te skei.

Die menslike liggaam, die endo-cannabinoïdsisteem en dagga

Die menslike liggaam is ontwerp met 'n voledige cannabinoïdsisteem. Cannabinoïde wat deur die menslike liggaam vervaardig word, word endo-cannabinoïde genoem.

Die menslike liggaam het cannabinoïdreseptore waarmee die cannabinoïde soos bv. THC en CBD kan bind om funksies van die liggaam te bevorder soos bv. honger reguleer, 'n voorbeeld daarvan word getoon deur die endo-cannabinoïde wat in borsmelk voorkom, wat 'n baba se eetlus bevorder.[1] Hierdie reseptore word orals in die liggaam gevind, in die brein, vel en verskeie organe.

Ongeag van die metode van gebruik is die aksie en uitwerking van die cannabinoïde dieselfde. Die cannabinoïde vind hul pad in die bloedstroom in en gaan selfs verby die bloed-breinskans waar dit dan koppel met CB1- en CB2-reseptore in die brein. Dit is hierdie koppeling wat verantwoordelik is vir die euforie wat slegs kan plaasvind wanneer THCA[2] (suur) verhit word om dit te omskep in psigo-aktiewe THC. Dit wil se, om dit moontlik te maak vir THC om te bind met die reseptore moet die THCA in die plant materiaal eers verhit of verbrand word om in sy psigo-aktiewe vorm, THC, voor te kom. Dus kan 'n mens nie hoog word as jy rou dagga sou in neem deur dit te eet of drink nie.[3]

Name vir dagga

Van die name vir dagga sluit in:

  • Insangu
  • Mbjane
  • Marijuana
  • Zol
  • Skyf
  • Peperskyf
  • Joint
  • Weed
  • Grass
  • Shit
  • Pot
  • Boom
  • Ghanja
  • Dope
  • Hash
  • Smoke
  • Hemp
  • Green Gold (verwys na afstameling)
  • Malawi Gold (verwys na afstameling)
  • Mabange
  • Majat (verwys na laë kwaliteit dagga)
  • Lebake
  • Durban Poison (verwys na afstameling)
  • Poison (verwys na 'Durban Poison')
  • Giggel Gras
  • Insperasie Spinasie
  • Lag Twak
  • Rondkyk Rothmans
  • Parkie Gras

Redes vir gebruik

Alle gebruike van dagga is medisinaal, selfs die rook vir die doel van ontspannings bied medisinale waardes, soos om pyn ná operasies te verlig. Die Sjinese het al 5 000 jaar gelede dagga in kruiemedisyne gebruik.[4]

Verkope van dagga

Dagga word in die volgende vorms verkoop:

  • Los dagga
  • 'n Stop dagga
  • 'n Vinger dagga
  • 'n Poke dagga
  • 'n Pakkie (Parcel) dagga
  • 'n Arm dagga (koerant met dagga in)
  • 'n Vuurhoutjiedosie dagga
  • 'n Banksakkie vol dagga (bankies)
  • 'n Streepsak vol dagga

Dagga verkoop vir tussen ongeveer R1,00 tot R120,00 per gram en die pryse wissel vanaf R1,00 vir 'n stop tot R12 000,00 vir 'n streepsak van 20 kg. Dagga word gewoonlik gerook, as daggakoekies geëet of as tee gedrink.

Effekte van dagga

Die dwelm neem slegs 'n paar minute om 'n uitwerking op die persoon te begin hê. Dagga lei tot 'n gematigde euforie wat tot 2 ure kan duur. Dit kan ook tot verskerpte persepsies, giggel, moontlike angstigheid en soms vervolgingswaan lei as gevolg van streng dagga wette.

Fisiese effekte sluit in dors, eetlus, verhoging in hart- en polsslag (nie noodwendig nie), droë mond en rooi oë afhangede van die stam die dagga afkomstig is.

THC word in die vetweefsel van die liggaam geberg en stadig vrygestel vir tot 'n maksimum van twee maande na inname. Die meeste vetselle in die liggaam kom in die brein en geslagskliere voor. Dagga van een "slowboat" kan tot 3 weke na gebruik nog in die liggaam opgespoor word.

Die uitwerking van die dagga kan dramaties wees vir mense wat ly aan psigiatriese siektes en hulle moet eerder wegbly van dagga. Alhoewel die aantal mense wêreldwyd wat dagga gebruik daagliks groei is daar geen toename in daggaverwante psigiatriese siektes nie.

Gevolge van dagga-gebruik

Van die gevolge van dagga-gebruik sluit in:

  • Gesonde eetlus, wêreldwyd bekend as die munchies.[5]
  • Sterker immuunstelsel [6]
  • Toename in die seksdrang [7][8]
  • Skadeloos ten opsigte van ongebore baba indien ’n swanger vrou dit gebruik [9]

[10]

Wetlike aspekte

Alhoewel lande soos Noord-Korea geen wetgewing toepas teen dagga nie, is daar weer ander lande soos Thailand waar daggasmouse en -verbruikers die doodstraf opgelê kan word vir die gebruik en besit van dagga.

In Suid-Afrika verklaar die wet op Dwelms en Dwelmhandel (Wet 140 van 1992) alle dele van die daggaplant onwettig insluitend die saad, blare, vrug sowel as meeste van die cannabinoïde wat in die daggaplant voorkom.

Dagga mag nie verkoop, aangekoop, vervoer, verbou, versend, verskaf of verskuif word nie.

Indien 'n persoon dagga kommersieel groei of daarmee handel dryf, kan die hof so 'n persoon 'n swaar boete of gevangenisstraf van tot 15 jaar oplê.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het op 31 Maart 2017 beslis dat volwassenes in die privaatheid van hulle eie huis dagga mag besit, kultiveer en gebruik. Die hof het ook beslis dat die parlement 24 maande het om die wetgewing te verander.[11]

Rehabilitasie

Die onttrekkingsimptome van dagga is nie soos dié van persone wat heroïen of ander dwelms soos drank en tabak misbruik nie.

Dagga veroorsaak 'n psigologiese afhanklikheid maar geen fisiologiese onttrekkingsimptome nie.

Ligte gebruikers van dagga ondervind geen onttrekkingsimptome.

Die meeste verbruikers van dagga wat rehabilitasie ontvang is deur die staat verwys waar die hof die verbruiker skuldig bevind het aan die besit van dagga en was rehabilitasie deur die beskuldigde bo tronkstraf gekies en is die verbruiker nie noodwendig emosioneel verslaaf aan dagga nie.

Hulp

Mense wat voel hul is verslaaf aan dagga kan by die volgende bronne om hulp aanklop:

  • Familie
  • Vriende
  • Narkotikaburo
  • Drugwise-sentrum
  • SANRA-kantoor
  • Alkoholiste anoniem
  • Maatskaplike dienste
  • Munisipale gesondheidskliniek
  • Heilsleër
  • Apteker
  • Dagga Unie van Suid-Afrika [12]

Verwysings

Eksterne bronne